Thursday, September 24, 2009

"Affiliate Marketing"

"Affiliate Marketing"

Dit beteken eenvoudig dat jy 'n ander persoon se produk bemark en 'n kommisie verdien. Jy dra die bemarkingskoste en verdien slegs geld indien jy 'n produk verkoop. 

Met die tegniek word daar 'n unieke 'Hoplink" aan jou toegeken en en alle verkope deur die "Hoplink" word outomaties as jou verkope aangetoon en jy verdien daarop 'n kommisie.

Die positiewe aspek van die bemarking is dat jy geen verpligting teenoor die klient het om die produk af te lewer nie en ook geen klientediens verpligting het nie.

In praktyk werk dit as volg:

Stap 1 - Jy registreer by Clickbank.com of 'n soortgelyke organisasie waar bemarkers hulle produkte plaas om bemark te word. Clickbank is die grootste en ook die maklikste om mee te werk en registratsie is gratis.

Stap 2 - Vind 'n produk wat jy wil bemark en bekom jou "Affiliate Hoplink".
(Ek bespreek later waarna om te kyk, hoe om marknavorsing te doen, en hoe die regte produk te vind)

Stap 3 - Bemark die produk op die internet en verdien kommisie op die verkope.
(Ek bespreek later die verskillende bemarkings tegnieke)

Klink baie eenvoudig maar kan intimiderend wees as jy nog nie vertroud is daarmee nie. 

Kontak my gerus met enige vrae by maakgeld@live.com

No comments:

Post a Comment