Thursday, September 24, 2009

Clickbank Produkte

Clickbank.com het meer as 10000 inligtings produkte wat ook sagteware programme insluit waaruit jy kan kies om te bemark. Dit sluit alle kategoriee in en verskaf dus 'n baie wye verskeidenheid. (Besoek die marketplace)


Wanneer jy by Clickbank.com registreer word jy versoek om jou code "Affiliate Code" te kies en dit is jou unieke kode wat jy met alle transaksies gebruik.


Clickbank.com is die middelman tussen jou en die produkeienaar en hulle administreer alle transaksies ten einde te verseker dat hulle jou die geld wat jy verdien het uitbetaal. (Hulle het reeds meer as US$1,36 Biljoen uitbetaal)

Teen hierdie tyd het jy reeds jou gratis Clickbank.com registrasie gedoen en ook gevind dat daar meer as 10000 produkte is om van te kies.

Daar is ook verskeie ander soortgelyke programme soos byvoorbeeld cj.com, linkshare.com, sharesale.com, paydotcom.com, ens., maar ek beveel aan bly vir eers by Clickbank want ek gaan jou later 'n uitstekende metode wys hoe om gratis d.m.v Clickbank te bemark.

Dit is baie belangrik om die regte produk te vind om te bemark, aangesien jy jou tyd en geld gaan spendeer om dit te bemark en dus verseker wil wees dat jy geld gaan verdien daarmee.

Dit is dus uiters belangrik om navorsing te doen ten einde 'n "Niche" produk te vind. Ek wil hier meld dat jy aanvanklik moet VERGEET daarvan om enige geldmaak produkte te bemark tot tyd en wyl jy weet hoe die proses werk. Die geldmaak niche word domineer deur baie ryk internet bemarkers wat reuse bedrae geld spandeer op bemarking van die produkte.

Hoe om 'n Niche mark te vind word in stap 2 bespreek.

Vie enige vrae kontak my gerus maakgeld@live.com

No comments:

Post a Comment