Thursday, September 24, 2009

Stap 2 - Produkte

Die tweede en mees belangrike aspek is om die regte produkte te kry om te bemark. Daar is duisende beskikbaar en dit is belangrik dat jy 'n produk bemark waar daar 'n groot aanvraag is met klein mededinging. Dit word 'n Niche genoem.

Daar is baie plekke om idees te kry oor Niche markte. Kyk maar wat is dit wat bemark word op die nuutste tydskrifte, is daar iets waaroor jy 'n kenner is, wat is die items wat gesoek word of vrae wat gevra word op ask.com, yahoo answers, amazon.com, ebay.com, ens. Besoek ook die forums op die internet om te bepaal watter vrae oor 'n spesifieke onderwerk gevra word.

Sodra jy weet wat die "Niche" is waar jy wil bemark, gaan soek dan 'n produk op Clickbank wat die "Niche" se vraag beantwoord.

Kyk op Clickbank hoeveel kommissie jy gaan verdien wanneer jy die produk verkoop, hoe populer die produk is (Gravity van meer as 50 sal ek aanbeveel behalwe as dit 'n nuwe produk is.) Ek sal ook aanbeveel dat jy 'n produk kies waar jou kommisie nie minder as $20 is nie.

Bekom dan jou "Affiliate hoplink" en jy is gereed om te begin bemark.

EK WIL NET MELD MOET NIE PROBEER OM MAAK GELD PRODUKTE AANVANKLIK TE BEMARK NIE. DIE MARK IS BAIE MEDEDINGEND EN DIT IS SLEGS 'N NICHE INDIEN JY BAIE GELD HET VIR ADVERTENSIEKOSTES.

Hoe om te bemark word later in die blog bespreek. Vir enige vrae kontak my gerus by maakgeld@live.com

No comments:

Post a Comment