Thursday, September 24, 2009

Stap 3. Bemark jou Produk Gratis

Bepaal watter sleutelwoord nie baie kompetisie het nie en gebruik die sleutelwoord om jou produk mee te bemark.

Gaan na https://adwords.google.com/select/KeywordToolExternal en sit 'n algemene sleutelwoord in vir die produk wat jy wil bemark. Die "Tool" sal dan vir jou idees gee van sleutelwoorde waarmee daar op Google gesoek word, asook hoeveel soeke daar gedoen word per maand, asook die kompetisie vir die sleutel woorde.

Dit is die belangrikste aspek van internet bemarking. Daar is verskeie maniere on die produkte te bemark, maar meeste kos geld. 

Op gratis te bemark skryf 'n artikel oor die produk, sit jou "Affiliate hoplink" in die artikel en publiseer die artikel gratis op die internet by Ezine.com, Amazines.com, Goarticles.com. Maak seker dat die sleutelwoord ten minste tussen 3 en 5 % in jou artikel verskyn, asook in die openingsparagraaf en die laaste paragraaf.

Ek sal ook aanbeveel dat jy navorsing doen oor hoe die top skrywers van artikels (Hulle name en artikels in beskikbaar op die artikel webblaaie) hulle artikels uitle en hoe hulle die "Hoplinks" of webbladsye bemark.

Nog 'n manier om te bemark is deur jou eie BLOG te skryf, soortgelyk aan die een wat jy nou lees.  Registreer gratis by www.blogger.com weereens gebruik die sleutelwoorde wat jy identifiseer het in die blog. Plaas dan die "Hoplinks" in jou blog en wanneer mense besoek het hulle die opsie om te verkoop.

Onthou, mense soek inligting en sal slegs jou blog en artikels lees indien hulle waarde daarin gaan vind.

'n 3de metode is om 'n webblad te stig. Dit is baie maklik en gratis deur http://www.squidoo.com/. Registreer gratis en weereens bemark jou produkte deur dit op jou gratis squidoo webblad te plaas.  

Jy kan my gratis e-boek oor hoe om 'n squidoo webblad te skryf kry op my webblad http://maak-geld.internetmoneyschool.com/ . Dit is absoluut gratis en is 'n uitstekende bron van inligting.

Soos belowe sal ek later wys hoe julle Clickbank op julle blogs kan gebruik om konstant inkomste te genereer. 

Vir enige vrae kontak my gerus by maakgeld@live.com

Maak Geld Met Jou Selfoon

Die nuutste metode waarmee daar geld gemaak word is deur jou eie selfoon te gebruik. Geen bemarking met die rekenaar word benodig nie en dit is vinnig en maklik om op te stel.
Besoek gerus Maverick Money Makers - Maak Geld Met SelFoon!

Stap 2 - Produkte

Die tweede en mees belangrike aspek is om die regte produkte te kry om te bemark. Daar is duisende beskikbaar en dit is belangrik dat jy 'n produk bemark waar daar 'n groot aanvraag is met klein mededinging. Dit word 'n Niche genoem.

Daar is baie plekke om idees te kry oor Niche markte. Kyk maar wat is dit wat bemark word op die nuutste tydskrifte, is daar iets waaroor jy 'n kenner is, wat is die items wat gesoek word of vrae wat gevra word op ask.com, yahoo answers, amazon.com, ebay.com, ens. Besoek ook die forums op die internet om te bepaal watter vrae oor 'n spesifieke onderwerk gevra word.

Sodra jy weet wat die "Niche" is waar jy wil bemark, gaan soek dan 'n produk op Clickbank wat die "Niche" se vraag beantwoord.

Kyk op Clickbank hoeveel kommissie jy gaan verdien wanneer jy die produk verkoop, hoe populer die produk is (Gravity van meer as 50 sal ek aanbeveel behalwe as dit 'n nuwe produk is.) Ek sal ook aanbeveel dat jy 'n produk kies waar jou kommisie nie minder as $20 is nie.

Bekom dan jou "Affiliate hoplink" en jy is gereed om te begin bemark.

EK WIL NET MELD MOET NIE PROBEER OM MAAK GELD PRODUKTE AANVANKLIK TE BEMARK NIE. DIE MARK IS BAIE MEDEDINGEND EN DIT IS SLEGS 'N NICHE INDIEN JY BAIE GELD HET VIR ADVERTENSIEKOSTES.

Hoe om te bemark word later in die blog bespreek. Vir enige vrae kontak my gerus by maakgeld@live.com

Clickbank Produkte

Clickbank.com het meer as 10000 inligtings produkte wat ook sagteware programme insluit waaruit jy kan kies om te bemark. Dit sluit alle kategoriee in en verskaf dus 'n baie wye verskeidenheid. (Besoek die marketplace)


Wanneer jy by Clickbank.com registreer word jy versoek om jou code "Affiliate Code" te kies en dit is jou unieke kode wat jy met alle transaksies gebruik.


Clickbank.com is die middelman tussen jou en die produkeienaar en hulle administreer alle transaksies ten einde te verseker dat hulle jou die geld wat jy verdien het uitbetaal. (Hulle het reeds meer as US$1,36 Biljoen uitbetaal)

Teen hierdie tyd het jy reeds jou gratis Clickbank.com registrasie gedoen en ook gevind dat daar meer as 10000 produkte is om van te kies.

Daar is ook verskeie ander soortgelyke programme soos byvoorbeeld cj.com, linkshare.com, sharesale.com, paydotcom.com, ens., maar ek beveel aan bly vir eers by Clickbank want ek gaan jou later 'n uitstekende metode wys hoe om gratis d.m.v Clickbank te bemark.

Dit is baie belangrik om die regte produk te vind om te bemark, aangesien jy jou tyd en geld gaan spendeer om dit te bemark en dus verseker wil wees dat jy geld gaan verdien daarmee.

Dit is dus uiters belangrik om navorsing te doen ten einde 'n "Niche" produk te vind. Ek wil hier meld dat jy aanvanklik moet VERGEET daarvan om enige geldmaak produkte te bemark tot tyd en wyl jy weet hoe die proses werk. Die geldmaak niche word domineer deur baie ryk internet bemarkers wat reuse bedrae geld spandeer op bemarking van die produkte.

Hoe om 'n Niche mark te vind word in stap 2 bespreek.

Vie enige vrae kontak my gerus maakgeld@live.com

"Affiliate Marketing"

"Affiliate Marketing"

Dit beteken eenvoudig dat jy 'n ander persoon se produk bemark en 'n kommisie verdien. Jy dra die bemarkingskoste en verdien slegs geld indien jy 'n produk verkoop. 

Met die tegniek word daar 'n unieke 'Hoplink" aan jou toegeken en en alle verkope deur die "Hoplink" word outomaties as jou verkope aangetoon en jy verdien daarop 'n kommisie.

Die positiewe aspek van die bemarking is dat jy geen verpligting teenoor die klient het om die produk af te lewer nie en ook geen klientediens verpligting het nie.

In praktyk werk dit as volg:

Stap 1 - Jy registreer by Clickbank.com of 'n soortgelyke organisasie waar bemarkers hulle produkte plaas om bemark te word. Clickbank is die grootste en ook die maklikste om mee te werk en registratsie is gratis.

Stap 2 - Vind 'n produk wat jy wil bemark en bekom jou "Affiliate Hoplink".
(Ek bespreek later waarna om te kyk, hoe om marknavorsing te doen, en hoe die regte produk te vind)

Stap 3 - Bemark die produk op die internet en verdien kommisie op die verkope.
(Ek bespreek later die verskillende bemarkings tegnieke)

Klink baie eenvoudig maar kan intimiderend wees as jy nog nie vertroud is daarmee nie. 

Kontak my gerus met enige vrae by maakgeld@live.com

Maak Ekstra Geld

Die vraag hoe maak ek ekstra geld word seker die meeste gevra veral met vandag se ekomoniese probleme.


Dit het ongelukkig ook daartoe gelei dat baie "Maak vinnig Geld" skemas aan mense verkoop word.


Om te begin wil ek net dadelik meld dat jy GEEN geld nodig het om geld op die internet te maak nie.


Met hierdie blad wys ek mense presies hoe om te begin om geld te maak met die internet. Die blad en al die inligting op die blad is gratis, en indien daar enige vrae is stuur my 'n e-pos en ek sal poog om dit so vinnig moontlik te beantwoord: maakgeld@live.com

Ek gaan verskillende tegnieke oor die volgende paar weke verduidelik en die eerste tegniek is met "Affiliate Marketing". Dit word later bespreek.

Besoek ook gerus Squidoo.com/Maak-Geld en Squidoo.com/Internet-Bemarking